Twee vroue in Centurion vermoor

Die gru-moord op twee vroue in Wierdapark, Centurion Donderdagmiddag hou glo met satanisme verband.

Beeld berig dat Natacha Burger (33) en Joy Boonzaaier (68) gister dood gevind is in laasgenoemde se woonstel in Reddersburgstraat. Burger het glo gistermiddag vir een van haar vriendinne ʼn selfoonboodskap gestuur. “Ek het (die) dangerous prayer gedoen. Die Here beskerm my,” het sy glo gestuur. Burger en Boonzaaier is glo betrokke by ʼn bediening wat met voormalige sataniste werk. Volgens Walter Stander, ʼn kapelaan van Kuriake-bediening, het iemand eergisteraand omstreeks 22:00 aan Burger se deur geklop maar het sy nie oopgemaak nie. Sy het glo gisteroggend bloed aan die geut buite haar deur gesien en ʼn selfoonfoto hiervan vir ʼn vriendin gestuur. Die vriendin het glo vir haar gevra of dit bloed is waarop sy ja geantwoord het en later gestuur het dat sy die “dangerous prayer” gedoen het. Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, sê die vroue is in die sitkamer en slaapkamer gevind en is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in hul bolywe gesteek. Die moorde het glo omstreeks 16:00 gistermiddag plaasgevind. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die moorde met satanisme verband hou.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.