Twee vroue sterf in gru-ongeluk

Foto: Netcare911

Twee vroue is dood nadat ʼn vragmotor teen hulle motor gebots het in Groenkloof, Pretoria.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het Vrydagmiddag op die hoek van Florence Ribeiro (Koningin Wilhelmina) -rylaan en Mainweg in Groenkloof plaasgevind. Steinmann sê die motor waarin die vrou gery het, is tussen die vragmotor en ʼn lamppaal vasgepen. Sy sê die twee vroue is op die toneel dood verklaar. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

piet ·

NIE NET DIE BESTUURDER VAN DIE TROK NIE MAAR OOK DIE EIENAAR(S), DAN SAL VOERTIUE ALTYD PADWAARDIG WEES EN PERSONE PADREELS GEHOORSAAM

Christo ·

Dis die bestuurder wat gewoonlik in die moeilikheid is maar baie vragmotoreienaars is gewetensloos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.