Twee vroue sterf in Jhb-ongeluk

Foto: ER24

Twee mense is Saterdagaand dood en vyf mense is beseer nadat vier motors in Maraisburg, Johannesburg gebots het.

Volgens ER24 het twee motors op die N1 tussen die Maraisburg-afrit en die Gordonweg-afrit gebots. Volgens die nooddienste het ʼn tweede ongeluk kort hierna plaasgevind. “Die twee vroue het glo op die toneel probeer help toe hulle doodgery is.” ʼn Man is kritiek beseer nadat hy glo uit een van die voertuie geslinger is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.