Twee wat glo lasers op helikopters rig hoor eers later hul lot

Twee mans, wat glo tydens die ANC-eeufees ʼn laserlig na vliegtuie en helikopters geskyn het, het Dinsdag in die Bloemfontein landdroshof verskyn.

Die saak teen Theunis le Grange (45) en Albertus Nieuwoudt (22) is tot 3 April uitgestel vir ʼn besluit van die Vrystaatse direkteur van openbare vervolging. Hulle is vroeër op borgtog van R500 elk vrygelaat. Die saak teen ʼn derde beskuldigde, ʼn 14-jarige seun, is onttrek. Hy is vir berading gestuur by ʼn maatskaplike werker. Die twee mans word aangekla ingevolge die Wet op Burgerlike Lugvaart waarvolgens enigeen wat moedswillig ’n daad pleeg wat ’n vliegtuig in gevaar stel of in gevaar kan stel, skuldig is aan ʼn misdaad. Hulle is in hegtenis geneem nadat hulle glo in Januarie vanjaar tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein ʼn groen laserlig geskyn het na vliegtuie en helikopters. Die polisie het vroeër gesê die laserlig kan vlieëniers verblind of disoriënteer wat kan lei tot ʼn ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.