Twee wat sterf in straatren se name bekend

Foto: Verskaf

Die twee jongs mans wat Donderdagoggend tydens ʼn straatren in Pretoria-Noord verongeluk het se name is bekend.

Beeld berig dat Quinton Denner (24) en Hein van Tonder (19) op slag dood is nadat die bakkie waarin hulle gery het ʼn lamppaal getref het en toe teen ʼn boom tot stilstand gekom het. Die bakkie het om die boom gevou. Denner en Van Tonder se lyke moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Vier voertuie het glo omstreeks 00:20 Donderdagoggend aan die straatren deelgeneem. Lede van die polisie was by Shell-vulstasie in Rachel de Beer straat toe die vier voertuie teen ʼn hoe spoed daar verbygejaag het. Denner se Corsa-bakkie was een van die voertuie. Die ander voertuie, onder meer ʼn Opel Corsa en Honda Ballade, het weggejaag toe hulle die polisie gesien het. Van Tonder het na bewering Denner se bakkie bestuur en vermoedelik beheer oor die voertuig verloor. Die polisie ondersoek die saak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.