Die twee mans wat dood is nadat hul ligte vliegtuig Sondagoggend by ʼn vliegveld in Klerksdorp in Noordwes neergestort het, se name is bekend gemaak.
Maroela Media het Sondag berig die twee mans het Sondagoggend toertjies met die RV-6-vliegtuig gedoen toe dit sowat 11:00 neergestort het. Die vliegtuig het sowat 500 m van waar paramedici toerusting in ʼn helikopter ingelaai het, neegestort.
Die mans is Ivan van Rooyen, ʼn 52-jarige gesiene sakeman van Klerksdorp, en Pieter Welgemoed (38), ʼn vriend van Van Rooyen. Van Rooyen was die vlieënier. Albei lyke is verkool.
Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek word.
Tragies, sterkte aan die families.