Twee wat vrou verkrag, byna keelaf sny kry dalk parool

Alison Botha. Foto: Facebook

Die twee mans wat Alison Botha verkrag en byna keelaf gesny het meer as 17 jaar gelede kan dalk binnekort vrygelaat word.

Beeld berig dat Theuns Kruger en Frans du Toit is in Augustus 1995 tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hulle het Botha in Desember 1994 in Noordhoek in Port Elizabeth oorval. Sy is verkrag en meer as 30 keer met ʼn mes gesteek. Kruger en Du Toit het glo nagenoeg 16 keer probeer om haar keel af te sny. Sy is vir dood in die veld agtergelaat. Botha moes haar kop aan haar lyf vashou en haar derms in haar hemp dra het terwyl sy na die naaste pad gestruikel het. Volgens wetgewing kan gevangenes wat voor 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is om parool aansoek doen indien hulle reeds 13 jaar en vier maande van hulle vonnis uitgedien het. Du Toit is in 1995 drie keer lewenslange tronkstraf opgelê terwyl Kruger ʼn lewenslange vonnis opgelê is. Kruger het glo reeds in Desember voor die paroolraad verskyn terwyl Du Toit glo vroeër die maand voor die paroolraad verskyn het. Botha, wat deesdae ʼn wêreldbekende spreker is na sy ʼn boek geskryf het oor haar ontbering, was geskok toe sy uitvind van Kruger en Du Toit se moontlike vrylating. ʼn Besluit hieroor sal later bekendgemaak word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petro kilian ·

Hoe kan hulle die gemors vrylaat net om weer dieselfde te doen dit is al deur en deur bewys dat daai tipe binne n jaar weer vir dieselfde daad ge-arresteer word maar die land is elk geval in sy moer in ons aeme vrouens is die teiken wens die Gevangenis Owerhede wil dit verstaan maar nou ja “”kyk wie is in beheer”” en jy sal die antwoord kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.