Twee weer in hof vir Montecasino-moord

Maruschka Robinson en kêrel Jean-Pierre Malan Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson en kêrel Jean-Pierre Malan Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Jean-Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) verskyn Donderdag weer in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36).

Blom, ʼn wewenaar en pa van ʼn tweeling, se lyk is op 22 September in die kattebak van sy voertuig in die parkeerterrein van Montecasino in Fourways, Johannesburg ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor waargeneem het.

Robinson, ʼn voormalige ontkleedanser, is op 24 September in hegtenis geneem. Malan, haar kêrel, is twee dae ná haar inhegtenisname in ʼn herberg in Randburg aangekeer. Robinson het na bewering ʼn kamer by Blom gehuur.

Tydens ʼn vorige hofverskyning is uitstel gevra sodat die saak verder ondersoek kan word en bloedtoetse en handskriftoetse op die verdagtes uitgevoer kan word.

Lees ook:
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.