Twee weerlig-slagoffers steeds kritiek

Twee van die nege King Edward VII skoolseuns wat Dinsdag deur weerlig raakgeslaan is tydens ʼn krieketoefening by hul skool, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

“Een van die seuns wat in die Milpark-hospitaal in Johannesburg aansterk, behoort binnekort ontslaan te word, die ander twee is steeds kritiek,” het Charles Phahalane, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, gesê. Ses van die slagoffers het vandag glo teruggekeer skool toe.

Maroela Media het vroeër berig dat die seuns, tussen die ouderdomme van 16 en 18, deel is van die skool se eerste krieketspan en glo met ʼn oefening besig was toe hulle deur die weerlig raakgeslaan is. Lees meer hier.

Die skool het Donderdag dié video op YouTube gelaai om hul skoolmaats te herdenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.