Twee wen reuse lotto-boerpot

downloadʼn Vragmotorbestuurder en ʼn onderskrywer vir ʼn versekeringsmaatskappy is die wenners van die tweede grootste Mega Millions-boerpot in Amerikaanse geskiedenis naamlik $648 miljoen (R6,9 miljard).

Die vragmotorbestuurder Steve Tran het vyf kaartjies gekoop vir die trekking op 17 Desember maar eers vroeër die week besef hy is in besit van een van die wenkaartjies. Die wennommers was 8, 20, 14, 17, 39 en die Mega Ball was 7. Tran deel die boerpot met Ira Curry Georgia, ʼn onderskrywer vir ʼn versekeringsmaatskappy, wat die wennommers gekies het deur die geboortedatums van familielede te gebruik. Volgens die Lotery is die geldwaarde van elke kaartjie $173,8 miljoen (R1,8 miljard). Dit is die tweede grootste boerpot in Amerikaanse geskiedenis. Die grootste boerpot ooit was $656 miljoen (R6,8 miljard) wat op 30 Maart 2012 gewen is. Dié boerpot is deur drie gelukkige wenners gedeel. Kaartjies vir die Mega Millions-boerpot word in 43 van die 50 Amerikaanse state verkoop. ‘n Enkele kaartjie kos $2 en die kans om die boerpot te wen is 1 in 175 223 510.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.