Twee Witbank-polisiemanne geskiet

Twee polisiebeamptes van die Witbank-polisiestasie is Woensdag in die vroeë oggendure glo deur OTM-rowers by ʼn winkelkompleks geskiet.

Brigadier Selvey Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, sê polisiebeamptes het omstreeks 02:20 reageer op ʼn huisbraak toe hulle ʼn ontploffing by die Saveways-winkelkompleks gehoor het.

Hulle het gaan ondersoek instel waarna ʼn groep gewapende mans, wat glo pas ʼn OTM daar opgeblaas het, op hulle begin skiet en twee beamptes gewond het. Die polisie het teruggeskiet. Die verdagtes het daarin geslaag om in twee BMW’s met ʼn onbekende hoeveelheid geld te vlug. Die twee beamptes wat geskiet is, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hulself kan bevind, om kol. Reynold Talmakkies te skakel by 071 475 8583.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.