Twee witrenosters in KZN doodgemaak

Argieffoto

Twee witrenosters is dood aangetref in die Hluhluwe-Imfolozi-park in KwaZulu-Natal.

Musa Mntambo, die woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, het Woensdag gesê die renosters is Maandag doodgeskiet. Volgens Mntambo is slegs een renoster onthoring.

“Ons vermoed die renosters is op dieselfde tyd geskiet, waarna die diere in verskillende rigtings in gehardloop het. Dit is moontlik dat die stropers haastig was, en nie die karkas van die ander renoster kon opspoor nie. Die twee renosters is 500 meter van mekaar gevind,” het Mntambo gesê.

Altesaam 37 renosters is reeds vanjaar in KwaZulu-Natal vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.