Tweede kiesersregistrasie-naweek aangekondig

IEC-280ʼn Tweede kiesersregistrasie-naweek is Maandag deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangekondig.

“Die toenemende belangstelling van jong stemgeregtigde kiesers wat nog wil registreer, het die kommissie laat besluit om weer alle stemlokale op 8 en 9 Februarie 2014 vir registrasie beskikbaar te stel,” het die OVK in ʼn verklaring gesê. “Dié naweek sal die laaste en finale geleentheid wees vir nuwe kiesers om te registreer of vir geregistreerde kiesers om hul stemlokale te verander voor die 2014-verkiesing.”

Volgens die OVK sal president Jacob Zuma kort ná dié naweek die verkiesingsdatum bekend maak.

Die OVK sê daar tans 24 112 414 (76.7%) geregistreerde kiesers en hoop hulle om die getal na 80% te vermeerder.

Die eerste kiesersregistrasie-naweek is in November gehou en meer as een miljoen nuwe kiesers is tot die kiesersrol bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.