Tweede verdagte vas na BFN-moord

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Gordon Buzzard (75) en die aanval op sy vrou Annette (67).

Die egpaar is Dinsdag in die vroeë oggendure in hul meenthuis in Heuwelsig in Bloemfontein aangeval en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Gordon het ernstige wonde aan sy bors opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die verdagtes het Annette vasgebind en van die toneel gevlug met juwele, selfone, bankkaarte en die egpaar se voertuig. Een van die verdagtes (25) is kort na die voorval in hegtenis geneem nadat die gesteelde goedere in sy besit gevind is. Kol. Annelie Wrensch, ʼn polisiewoordvoerder, sê die ondersoek na die voorval het gelei tot die arrestasie van ʼn tweede verdagte, ʼn 23-jarige man, by ʼn informele nedersetting buite Bloemfontein. Die verdagtes sal Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak, moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.