Tweede verdagte vas oor bendeverkragting

Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van en moord op die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp in die Boland. Booysen is Saterdagaand dood nadat sy deur vier mans verkrag is.

Frederick van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die tweede verdagte (21) is Woensdagaand in hegtenis geneem . Hy moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord en verkragting Die polisie soek steeds na die ander twee medepligtiges.

Maroela Media het Woensdag berig dat Booysen een van haar verkragters as haar voormalige kêrel geïdentifiseer het voor sy in die hospitaal oorlede is. Veiligheidswagte het Saterdagoggend op Booysen afgekom. Booysen het Vrydagaand saam vriendinne gekuier  en is later verkrag en erg aangerand. Haar liggaam is ook geskend. Booysen is na die Tygerberg-hospitaal geneem waar sy Saterdagaand oorlede is. ʼn 22-jarige man het Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord. Die saak is tot 12 Februarie uitgestel en die man bly in aanhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.