Tweede verdagte vas vir moord op JHB-dosent

Prof Carl Mischke

‘n Tweede verdagte is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die moord op prof. Carl Mischke, ‘n voormalige dosent aan die Universiteit van Johannesburg.

“Die man is in Kempton Park aan die Oos-Rand van Johannesburg aangekeer,” het Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die slagoffer se voertuig is Vrydag ook in Kempton Park opgespoor terwyl twee verdagtes dit gestroop het. Die mans is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig.”

‘n 29-jarige man is Donderdag in verband met die moord aangekeer.

Mischke is Maandag in sy huis met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Dlamini sê ‘n huishulp het op Mischke se liggaam in sy slaapkamer afgekom. “Die polisie vermoed ‘n skerp voorwerp is gebruik om hom mee te steek. Hy het in ‘n plas bloed gelê. Sy kop was met ‘n kussing bedek. Die moordwapen is nie op die toneel opgespoor nie.”

Dlamini het Sondag gesê dat al vier die mans wat in hegtenis geneem is Maandag in die Johannesburgse landdroshof sal verskyn. “Twee sal verskyn op aanklag van moord en twee vir die besit van ‘n gesteelde voertuig.”

Die motief vir die moord is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.