Tweederde-meerderheid vir Mugabe se Zanu-PF

President Robert Mugabe (middel) en sy vrou, Grace op 16 Julie 2013 Foto: voanews.com

Volgens die uitslag van die verkiesing in Zimbabwe wat Saterdag bekend gemaak is, het pres. Robert Mugabe se Zanu-PF-party ‘n tweederde-meerderheid gewen.

Zanu-PF het vir die eerste keer in 2008 sy meerderheid in Zimbabwe se parlement met sy 210-setels aan eerste minister Morgan Tsvangirai en sy party, die Movement for Democratic Change (MDC) afgestaan.

Mugabe (89) lyk egter gereed om sy 33-jaar heerskappy in die land te verleng, maar Tsvangirai (61) wat Mugabe al drie keer probeer ontsetel het, het die verkiesing as “bedrieglik en gesteel” beskryf.

John Kerry, sekretaris van die staat in Amerika, het Saterdag ‘n verklaring uitgereik waarin Amerika die verkiesing as “ongeloofwaardig” en “baie gebrekkig” beskryf. Klik hier om meer te lees.

Tsvangirai het onderneem om die uitslag in die hof te daag en sê die MDC sal regeringsinstansies boikot. “Ons sal nie by die regering aansluit nie. Ons sal hof toe gaan,” het hy gesê. “Die bedrieglike verkiesing wat gesteel is het Zimbabwe in ‘n grondwetlike, politieke en ekonomiese krisis gedompel.”

Hy het die MDC se besluit destyds, om in ‘n ongemaklike magsverdeling koalisie-regering met Mugabe verdedig, nadat hy in hegtenis geneem, geslaan en van hoogverraad beskuldig is. “Ons deelname het die land gered. Skole het toegemaak, hospitale het toegemaak. Ons het die Zimbabwiese dollar gebruik wat waardeloos is, daar was nie goedere in die winkels nie en almal was desperaat.”

Maar Tsvangirai sê die dae van “saamwoon” is verby.

Die MDC het tot Woensdag die geleentheid om bewyse van bedrog by die hooggeregshof in te dien, maar dit kan dalk moeilik wees. Tsvangirai sê hy sal ‘n dossier aan die 15 lede van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oorhandig van “alle onreëlmatighede en alle onwettighede” en hy versoek ‘n dringende beraad.

Die SAOG, wat aanvanklik die koalisie-regering saamgestel het, het die verkiesing as “vry en vreedsaam” beskryf. “Ons sê nie dit is regverdig nie, ons wil nie oorhaastig gevolgtrekkings maak nie,” het Bernard Membe, top SAOG-verkiesingswaarnemer, gesê.

Daar was Saterdag min tekens van betogings of pro-Mugabe oorwinningsbyeenkomste in Harare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.