Volgens ‘n telling van die amptelike uitslag van die verkiesing in Zimbabwe het president Robert Mugabe se Zanu-PF-party ten minste met ‘n tweederde-meerderheid in die parlement gewen, genoeg om die land se grondwet te verander.
Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC) het Vrydag reeds die uitslag van 180 setels bekend gemaak. Die Zanu-PF het 142 setels in die 210-lid-kamer verower.