Tweejarige in hospitaal: Ma, kêrel Maandag in hof

hofhamertjie31Die polisie het bevestig dat ʼn 20-jarige ma en haar 36-jarige kêrel in hegtenis geneem is in verband met die beweerde mishandeling van die vrou se tweejarige dogtertjie.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die twee Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof sal verskyn op aanklag van poging tot moord. Maroela Media het vroeër berig dat die tweejarige meisie in die hoësorgeenheid van die Steve Biko-hospitaal behandel word. Volgens Mogale was die dogtertjie op 16 Desember in die sorg van die kêrel gelos en is sy beseer. Mogale sê sy is weer op 27 Desember in die kêrel se sorg gelos en het sy glo van ʼn wasmasjien af geval waarna sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling. Sy sê die dogtertjie het vroeër die week inmekaargesak waarna sy in die hospitaal opgeneem is om deur ʼn dokter ondersoek te word. “Die dokter het die polisie gekontak nadat hy gesien het die kind het baie kneusplekke en beserings wat nie voorheen aangemeld is nie.”

Die kind se oupa het vroeër aan Maroela Media gesê sy het onder meer bloeding op die brein en verskeie inwendige beserings opgedoen. Hy sê sy was vroeër op lewensondersteunende masjiene gekoppel maar dat haar toestand intussen verbeter het. Dokters het ʼn gaatjie in haar maag gemaak om die bloeding te dreineer. Hy sê sy het intussen haar ogies en handjies begin beweeg.

Die dogtertjie se familie het Maroela Media versoek om nie verder foto’s van haar te publiseer nie.

Lees al die berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Amanda ·

Daar is geen verskoning aanvaarbaar vir die pyn en lyding wat hul aan hierdie dogtertjie gedoen het nie. Die loon van die sonde is die dood. Suid-Afrika kyk na jou regstelsel en bring terug die doodstraf. Ek glo Lyandri sal gesond word sonder enige letsel, want by God is niks onmoontlik nie.

Ria Maritz ·

Amanda, kort en KRAGTIG gestel.

***

My hart bloei NOGMAALS vir ‘n kindjie wat deur ‘n ouer verwaarloos en uitgelewer is aan haar eie hand van wreedheid en die se vriend.

Eerlikwaar dink ek dit moet ernstig oorweeg word om sulke “moeders” se baarmoeders te verwyder. Gesien in die lig dat die “ma” slegs 20 is en sy nog vele kindertjies in die wereld kan bring, moet dit ten alle koste verhoed word – dieselfde geld vir die mans !

annetjie annedine estates ·

Hulle moet beide tronkstraf opgele word. Sulke goed is slegte publisiteit v S.A! Hoe kan ouers so wreed wees. Daar is geen verskoning wat hulle beide kan uitdink om hulself onskuld te probeer bewys nie! Ek is n voorstaander vir Lewenslank tronkstraf vir hulle dade!

Dan ·

Hierdie tipe ding is nou ‘n algemene tendens aangesien die oortreders se sg. menseregte vêr bokant die regte van ‘n onskuldige kind gereken word (of enige ander slagoffer van misdaad). Die oortreders word met handskoentjies behandel en indien hul ooit tronkstraf kry, word hul gehuisves in ‘n vyfster hotel op belastingbetalers se onkoste. Die vuilgoed wat haar aangerand het, ‘n man van 36 jaar, is seker nou baie tevrede met homself – wonder hoe sal hy sy man sal kan staan teen ‘n volwasse man maar daarvoor is hy te veel van ‘n lafaard. Die samelewing raak by die dag sieker. Julle mense wat aandring dat die doodstraf teruggebring word: hou op om julle tyd en asem te mors dit sal NOOIT gebeur nie. Die Konstitusie beskerm die misdadigers met ‘n rede. Het julle al gedink hoeveel grootkoppe sal moet swaai indien die doodstraf her-ingestel word?

Wilma Josey Venter ·

Dit kom daarvan as i KIND i kind het en probeer om dit groot te maak. Hukom die barbaar wat klein Liandry so seermaak beskerm???? Sluit hulle albei toe en gooi die sleutel weg want hulle is albei ONBEVOEG om ouers genoem te word!!!

Ria Maritz ·

Wilma, baie mense het my al gekritiseer as ek se, “kinders wat kinders kry” – ek stem met jou saam, tog, die “ou mense” het op baie vroee ouderdom kinders gekry, selfs tot 14, MET DIE VERSKIL, hulle was volwasse genoeg om die kinders op te voed en te versorg, al was daar moeilike tye.

Vandag is dit die tendens om los en vas kinders te verwek, daarna eers te trou, indien enigsins, net om ‘n paar jaar later, indien nie na die eerste jaar, weer te skei nie.

DIE KINDERS LY DAARONDER.

Jasper ·

Hierdie is nie n nuwe kwaal onder ons mense nie. Maar in die maalkolk waarin ons, ons tans bevind, sal dit al hoe meer toeneem ,soos wat ons nasie afdaal om die bevolking se gemiddelde standaarde te ontmoet.

Justi ·

Ria, ek stem saam. Destyds was kinders opgevoed en het n pak slae gekry as hul stout was, nie omdat die ouers hul gehaat het nie, maar uit liefde. Daardie kinders het maniere, selfrespek en pligsbesef gehad.

Ek kry die arme kindjie so jammer. Net barbare doen so iets aan n kind. Ook kry ek die Oupa jammer. Hy woon dalk in dieselfde dorp, maar nie huis nie.

Mag daardie man diefselfde mishandeling kry in die tronk. So-ook die Ma indien sy kennis daarvan gedra het.

Ek bid dat die kindjie volkome sal herstel. Dit is onheilig wreed. Niemand, geen kindjie verdien so iets nie. N kind is n geskenk van GOD af, om lief te, op te voed en te beskerm.

Ria Maritz ·

JUSTI – op jou skrywe hier, reageer ek as volg ! AMEN, EN AMEN !

Alida Buenwss ·

Daar is geen verskoning nie. Hulle moet die doodstraf terug bring. Die kind het nie gevra om gemishandel te word nie. Dit maak my sommer kwaad en hardseer. Hkm mense wat kinders het hulle so seer maak. Dan is daar mense wat sukkel om kinders te kry. Gee dan eerder die kind vir aanneming as die kind in jou oppad is.

Alet Viljoen ·

Hulle moet geen genade betoon aan die moeder of haar vriend nie hulle moet dood eenvoudig die doodstraf terugbring watse weerstand kan n baba van twee jaar bied geen.Doodstraf klaar dit gebeur nou te veel en mense weet hulle kom weg daarmee.

Sarita du Plessis ·

Daar was vooraf ‘n patroon van mishandeling. Was dit maar die “ma” se keuse om dit te ignoreer. Die persoon wat ‘n arme weerlose 2 jarige die meeste vertrou het, het haar keer op keer in die steek gelaat.

mathilda ·

Dis siek vi sulke mense moet di dood straf terug gebring word. Dit is erg. As j iemand wil seer maak soek iemand wat terug kan baklei los ons kiddies uit. Hul is so onskuldig nee man sies vi julle.

Rieks ·

Ek het nie woorde nie! Ek kan baie lelike dinge aan hierdie sogenaamde OUERS toevoeg MAAR gaan nie! Ek is kinderloos en het vir baie jare gesukkel om net ‘n kind van my eie te hê. Dan kry jy mense wat kinders by die dosyne het, nie na hulle kan omsien nie en die ergste van alles hulle mishandel! Ek was desperaat om ‘n kind van my eie te hê sodat ek die liefde wat ek al die jare gemis het vir daardie kindjie kon gee. Was aangeneem en voel dat ek dubbel “gestraf”was. Ek hoop hierdie klein mensie herstel sodoende dat sy ook ‘n vol lewe kan lei en hopelik nie dieselfde pad as haar ouers stap nie :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.