Tweejarige in hospitaal: Ma, kêrel vas

Lees ook:
Tweejarige in hospitaal: Ma, kêrel Maandag in hof

baba1ʼn Tweejarige kleuter van Pretoria word in die hoësorgeenheid van die Steve Biko-hospitaal behandel nadat sy glo mishandel is.

Die tweejarige meisie is op 29 Desember in die hospitaal opgeneem nadat sy glo erg aangerand is. Sy het onder meer bloeding op die brein en verskeie inwendige beserings opgedoen. Die meisie se oupa het aan Maroela Media gesê dat sy vroeër op lewensondersteunende masjiene gekoppel was maar dat haar toestand intussen verbeter het. Dokters het ʼn gaatjie in haar maag gemaak om die bloeding te dreineer. Hy sê sy het intussen haar ogies en handjies begin beweeg. Die meisie se ma en dié se kêrel is intussen Saterdag vir beweerde kindermishandeling in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Die polisie kon nog nie enige bykomende besonderhede oor die voorval verskaf nie.

Die meisie se familie het Maroela Media versoek om nie verder foto’s van haar te publiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elsabe ·

Ek droom van ‘n plek…
‘n Plek waar mishandelaars/verkragters/moordenaars geneem word en elke been in hul liggame deur die mense massas gebreek word. Daarna word hienas losgelaat om die job klaar te maak.
Ek wreed? Ek wreder as ‘n baba/kinder/vrou/oumens-mishandelaar/verkragter/moordenaar?

Magda Pistorius ·

Ek hoop iemand in die trok mishandel hulle dat hulle moet bid om dood te gaan

johan van dalen ·

dis pateeties”hulle moet toegesluit word en die sleutel weggooi”’hoop hulle vrot op in die selle.

Magda ·

Wat my verstand te bowe gaan, waar was die ander familie dat hul nie so-iets opgemerk of agtergekom het nie. Is dit wat ‘n mens wit-boordjie mishandeling deesdae noem. Almal sien maar praat nie???

Berdien de Beer ·

n Mens mag nie oordeel nie. Wil net se sterkte poplap tannie bid vir jou . Aan die Familie en Ha pappa wees sterk sy het julle nou so nodig en baie liefde.

GawieM ·

Berdien ek glo nie dat iemand ons sal veroordeel indien mens hierdie gemors se dade ten sterkste veroordeel en net die slegste vorentoe toewens. Hulle is dreg en indien ek hier moet se hoe ek voel word ek verban of toegesluit. Hoop hulle vrek ‘n stadige pynlike dood.

Linda Blane ·

Sorry mens mag miskien nie oordeel nie maar die Bybel se n oog vir n oog en n tamd vir n tand. Gee ander MAMMAS, PAPPAS en omgee mense die kans om met maaksels soos daai se galle te werk en publiseer dit! Ek waarborg jou die kak sal vinnig stop.

Linda Blane ·

Sorry mens mag miskien nie oordeel nie maar die Bybel se n oog vir n oog en n tand vir n tand. Gee ander MAMMAS, PAPPAS en omgee mense die kans om met maaksels soos daai se galle te werk en publiseer dit! Ek waarborg jou die kak sal vinnig stop.

Wessel ·

Haar foto het alreeds op faceboek verskyn. Lyk glad nie goed nie. Die b@#??*&. Hoop nie daar is enige genade vir hulle nie.

frik visser ·

Sy het nie gevra om daar te le nie. Die ma en kerel moet vrek in die tronk moet ook aangerand word dat hulle kan voel

aretha bruce ·

Suke ouers verdien nie kinders nie, onskuldige baba!! Hoop hulle word toegesluit en die sleutel word wegeggooi

Joma ·

Laat ons haar gesiggie sien sodat ons, die gemeenskap, jou kan beskerm klein engelkind van God. Jy Oupa wat nou so liefdevol is – was jou oë dan toe terwyl haar lyfie so seer gemaak is en jou ore toe, toe sy so bitterlik gehuil het!!

ai toggie ·

Skies, wou nie kommentaar rapporteer nie. Wou reply en toe druk ek verkeerde knop!

Shareen Marais ·

My liewe kleine mensie.. Tannie bid vi Jesus om ju as moontlik gesond te maak,, qc net sterk poplappie.. Sterkte ook aan di pappa,, wc net sterk my liewe mens.. En vi julle 2 wat dai kleine mensie so erg seer gemaak het neh,, mag God julle di straf toedien wat julle albei toekom.. Julle is n disgrace man.. Pateties verby

wilna goosen ·

My dogtertjie het die 29ste des 2 geword. Hoe enige iemand net di geringste leed aan soo klein mensie doen is ondenkbaar!!!

ai toggie ·

@joma , volgens my sê dit nerens dat die oupa saam met sy dogter hul in dieselfde huis woon wat nog te sê van in dieselfde dorp? Wat saak maak is dat hy nou by sy kleindogter is en daar is vir haar! Hoekom nou die arme oupa aanval as jy geen benul het van die omstandighede. Wat gebeur het is VREESLIK erg en ek hoop hulle kry die straf wat hulle verdien!

karel ·

Sies disi n ma se gat ni mag hulle vrot ini tronk mag die dood straf vir hulle gedien word want n mens kani di kleine mensie so verniel ni

petro ·

My meisie is net oor die twee jaar en sy is n besige bytjie ons mag nie oordeel nie ,maar sal as ek kon vir daai twee n pice of my mind gee wou gee glo my daarna sal hulle wens hulle was dood sal my nie verbaas as hulle onder die invloed van drank was weet nie hoe n mens so iets kan doen nie veral nie die ma nie

christa enslin ·

ek dink sulke mense is duiwels genadeloos, en gn ma nie sy is sleg verby ek kry haar nie jamer sluit ha toe en gooi sleutel in die se of hel laat dit uitbrand. ek n mama en ouma en is lief vir enige kindertjies soos vir myne sterkte vir die kleintjie ons bid vir haar die enslins

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.