Tweejarige in Kuruman verkrag

Argieffoto

Argieffoto

’n Veertigjarige man is gistraand in Kuruman in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ’n tweejarige dogtertjie die afgelope Saterdag. Die dogtertjie se ma het die man uitgeken.

Luitenant Olebogeng Tawana, het vandag gesê dat die dogtertjie Saterdagmiddag buite haar huis gespeel het. Haar ma het na ’n rukkie agter gekom dat die dogtertjie weg is en het by die verdagte se hut na haar gaan soek, waar sy haar dogtertjie met haar onderklere afgetrek by die verdagte se slaapkamer sien uitkom het. Die ma het ’n ouer vrou in die gemeenskap gaan raadpleeg en die saak van verkragting die afgelope Maandag by die Kuruman-polisiekantoor geopen.

Die verdagte sal waarskynlik Donderdag in die landdroshof in Kuruman verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peter Se ·

Nie eens n dier doen soiets nie, gee die gedrog vir die gemeenskap, laat hulle met hom afreken.

Seg ·

Daar kom in geen normale man eers sulke denke op nie, wat nog te seg doen. Dit is die gemeenste daad wat aan enig vrou of kind gedoen kan word. Ongelukkig kom baie van hierdie gemors weg en word die meeste verkragtings nie rapporteer nie. Ons regstelsel het ook nie die geskikste straf vir die gemors nie.

AmY ·

Dis darem wreed!!! Selbeheersing is dan een van die vrugte van die Gees. (Galasiërs 5) in die Bybel.

Selfbeheersing is mos baie belangrik. Jammer vir die Bybelversie, maar ek moes.

Daai man is ‘n groot man van 40. Hy kon seker sy drange ingehou het? Of is dalk hy so vieslik dat geen vrou met hom gemeenskap wil hê nie. Toe kies hy maar ‘n onskuldige klein babatjie.

Na dese sal nie eens ‘n prostituut aan hom wil raak nie!!!

Seg ·

AmY wat se ander drange kan ENIGE MENS vir ‘n tweejarige hê anders as liefde? Hierdie is abnormaal en kom al meer voor. Hond vreet Hond

Cindy ·

Jungle justice. I love it. Ek hoop hulle kry hom in die hande. Hy gaan seker borgtog kry vir ‘n belaglike bedrag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.