Tweejarige ry bakkie deur huis se muur

ʼn Tweejarige in Georgia, Amerika, het met ʼn voertuig deur ʼn huis se muur gejaag.

Kathleen en George Williams, die eienaars van die huis, het Woensdag glo by die huis aangekom met dié rooi bakkie deur hul huis se muur. Williams se buurman oorkant die straat het glo aan die polisie erken hy was besig om goedere van sy bakkie af te laai terwyl sy kleuter in die kajuit gesit het. “Die kleuter het op ʼn manier die voertuig uit rat gehaal of die handrem ontkoppel en die voertuig het vorentoe begin rol,” het Jake Smith, woordvoerder van die polisie, aan WXIA gesê.

Niemand is in die voorval beseer nie. Gaslyne en waterpype is egter beskadig, twee vensters is gebreek en daar is ʼn groot gat in die muur. Williams het egter gesê hy is nie kwaad nie, “dit was maar net ʼn ongeluk”.

Die egpaar woon al 38 jaar lank sonder enige voorvalle in die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Heidi ·

As die bakkie agteruit gerol het, hoe is dit moontlik dat die die voertuig neus eerste in die muur vasgery het?

Paul ·

Heidi wie praat of skryf van agteruit gerol, ek lees net van vorentoe gerol. Ons maak maar almal foute!!

Heidi ·

ek het duidelik my ogies agter my kop gehad en alles ‘n trurat gelees (bloos) voops – dankie tog jy verstaan LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.