Tweejarige se dood en verkragting hou nie verband

Argieffoto

Die nadoodse ondersoek van ‘n tweejarige het bevind dat haar dood nie verband hou met haar beweerde verkragting deur haar pa se vriend nie.

“Dokters wat die nadoodse ondersoek uitgevoer het, het bevestig dat sy aan natuurlike oorsake dood is,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. Die tweejarige is Vrydag glo dood aan ‘n maagprobleem. “’n 29-jarige man wat glo die dogtertjie verkrag het, is in hegtenis geneem en sal Donderdag in die Maake-landdroshof verskyn.”

Die man is op 2 Maart in hegtenis geneem ná ‘n klopjag op ‘n woonstel in Yeoville, Johannesburg. Hy het die tweejarige glo laat in Februarie verkrag en haar vir dood gelaat in bosse naby Pulaneng, Limpopo. Hy het haar glo twee weke voor die voorval ontvoer.

Die tweejarige is ná die verkragting in die hospitaal opgeneem. Sy is ontslaan en het die maagprobleem tussen hospitaalbesoeke opgedoen.

Mulaudzi doen ‘n beroep op inwoners om nie die reg in eie hande te neem nie. “Ons vermoed die lede van die gemeenskap gaan moontlik reg in eie hande probeer neem. As die polisie, doen ons ‘n beroep op die gemeenskap om dit nie te doen nie, aangesien daar gevolge sal wees.”

Mulaudzi sê die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

al het hy ha ni dood gemaak nie, maak hom vrek. om i 2 jarige te verkrag verdien di dood. as iemand dit aan my kleinkind mut dun vermoor ek hom met my kaal hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.