Tweejarige seuntjie ontvoer tydens kaping

cato manorʼn Tweejarige seuntjie is Donderdagaand in Durban ontvoer deur kapers wat sy pa se bakkie gesteel het, het die polisie in KwaZulu-Natal Vrydag gesê.

“Die polisie is dringend op soek na Emmanuel Khoza,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê.

Khoza se pa het met sy vrou en twee kinders in hulle bakkie deur Cato Manor in Durban gery toe hy Donderdagaand afgetrek het om ʼn vriend te groet. Hy het die bakkie parkeer en met die vriend begin gesels.

Oomblikke later het drie mans in die bakkie gespring en met sy vrou, pasgebore baba en Emmanuel weggejaag. Die ma kon met die baba uitspring, maar die kapers is weg met die tweejarige Emmanuel.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor waar die seuntjie hom kan bevind om dringend met ao Yamarasen Govender in verbinding te tree by 084 592 5571. Persone met inligting kan ook 08600 10111 skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.