Tweejarige sterf in botsing, bestuurder vlug glo

ʼn Tweejarige seuntjie is dood en sy sewejarige sussie is ernstig beseer na ʼn vragmotor glo teen hulle motor gebots het op die N12 naby Lenasia, suid van Johannesburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici is Vrydagaand na die toneel ontbied. Die ouers, wat langs die pad gestaan het, het paramedici gevra om na hulle kinders om te sien. “Daar was ongelukkig niks meer wat paramedici vir die klein seuntjie kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar. Sy sussie en ouers is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. ” Vermaak sê een van die ouers het aan paramedici gesê dat ʼn vragmotor van agter in hulle motor vasgery het. Die agterste sitplekke van die motor is teen die voorste sitplekke vasgedruk weens die impak van die botsing. Hy sê albei kinders het agter in die motor gesit ten tyde van die botsing. “Paramedici kon nie die vragmotor of sy bestuurder op die toneel vind nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.