Tweejarige sterf na TV op hom val

Foto: Netcare911

ʼn Tweejarige seuntjie is dood nadat ʼn televisiestel om hom geval het by ʼn huis in Johannesburg.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die seuntjie het ernstige beserings opgedoen nadat die televisie op hom geval het by ʼn huis in Cosmo City in Randburg. Wicks sê die seuntjie is op ʼn ventilator geplaas. Sy toestand was onstabiel en hy is met haas na die Netcare Olivedale hospitaal vervoer waar ʼn traumaspan op hom gewag het. Die seuntjie is per helikopter na die Charlotte Maxeke hospitaal vervoer nadat hy gestabiliseer is. Hy het egter later die aand aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.