Tweejarige verdrink byna in Durban

ambulansʼn Tweejarige seuntjie het ʼn noue ontkoming gehad nadat hy Maandagmiddag in ʼn swembad by Durban se strand geval het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is dit nog nie bekend hoe die kind in die water beland het nie. “Omstanders het die seun in die water sien dryf en hom uit die water gehaal. Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was die seuntjie in sy ma se sorg,” het Botha gesê.

Die seun is op die toneel gestabiliseer. Hy is in ʼn stabiele toestand saam met sy ma na ʼn hospitaal in Durban geneem vir verdere waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.