Tweejarige verdrink byna

ʼn Tweejarige seuntjie veg om sy lewe nadat hy Vrydagmiddag byna in ʼn swembad by ʼn huis in Johannesburg verdrink het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het in Hurlingham plaasgevind. “Die seuntjie is die kind van die huishulp wat daar werk,” het Jackson gesê.

Dit is nie bekend hoe lank die kind onder die water was nie. ʼn Inwoner het die kind in die water sien dryf en hom uitgehaal. “Hulle het dadelik mond-tot-mond-asemhaling toegepas totdat paramedici op die toneel gekom en oorgeneem het. Die seuntjie het aanvanklik goed reageer, maar toe skielik begin verswak. Hy moes per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem word vir verdere mediese behandeling,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.