‘n Vier maandeoue tweeling is Vrydagaand dood nadat die voertuig, waarin hulle gereis het, verskeie kere gerol het.
Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die Randfonteinpad naby die N1 in Sebokeng plaasgevind. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, die pad verlaat en verskeie kere gerol. Ses insittendes is uit die voertuig geslinger, waaronder die tweeling,” het Banks gesê. Die tweeling is op slag dood en die vier ander insittendes het ernstige beserings opgedoen. Die tweeling se ma was steeds in die voertuig en is in ʼn kritieke toestand hospitaal toe geneem.