Tweeling babatjies sterf

‘n Vier maandeoue tweeling is Vrydagaand dood nadat die voertuig, waarin hulle gereis het, verskeie kere gerol het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die Randfonteinpad naby die N1 in Sebokeng plaasgevind. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, die pad verlaat en verskeie kere gerol. Ses insittendes is uit die voertuig geslinger, waaronder die tweeling,” het Banks gesê. Die tweeling is op slag dood en die vier ander insittendes het ernstige beserings opgedoen. Die tweeling se ma was steeds in die voertuig en is in ʼn kritieke toestand hospitaal toe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.