Tweelinge deel verjaarsdae

Foto: TimesLive

ʼn Suid-Afrikaanse bankier en sy vrou wat in Londen woon het in Julie nog ʼn tweeling ryker geword, presies vier jaar na die geboorte van hulle eerste tweeling.

TimesLive berig dat Frederik Hefer (30) en sy vrou Kim (29) twee tweelinge het, almal seuntjies en almal op 18 Julie gebore. Devon en Logan is op 18 Julie vanjaar in die Hinchingbrooke-hospitaal in Cambridgeshire buite Londen gebore. Tristan en Blake is op 18 Julie 2008 in Suid-Afrika gebore. Volgens berigte is die Hefer’s een van ses gesinne in die wêreld wat twee stelle tweelinge het wat op dieselfde dag gebore is. Hefer sê volgens sy berekeninge is daar ʼn 1 uit 30 miljoen kans dat dit gebeur. Die paartjie het sowat sewe jaar terug na Londen verhuis. Hefer sê hy dink reeds aan die “groot makietie” wat hy volgende jaar vir sy vier seuntjies sal moet hou.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.