Twitter-aandele vlieg

twitterDie kletsblad, Twitter, het vandag amptelik op die New Yorkse aandelebeurs noteer en boverwagte openingspryse behaal.

Skaars 90 minute nadat Dick Costolo, die uitvoerende hoof van Twitter, die notering van Twitter op die New Yorkse aandelebeurs op die tradisionele manier deur die lui van ’n klok geopen het, het die kletsblad se aandeelprys blitsig tot meer as $50 per aandeel opgeskiet.

Twitter se aandele is gisteraand op $26 geprys en het ’n openingsprys van $45.10 per aandeel behaal. Hierdeur het Twitter die derde grootste aanvanklike openbare aanbod (IPO) sedert die notering van Facebook in Mei vanjaar bereik.

Twitter het die afgelope tyd goeie groei getoon en sy omset verdubbel, maar is steeds nog nie winsgewend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.