Twitter soek Zuma se kop

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS

ʼn Petisie wat versoek dat pres. Jacob Zuma vervolg moet word, doen die ronde op die sosialemedia-platform Twitter.

“Die uitgelekte verslag van die Openbare Beskermer oor Nkandla bewys dat pres. Zuma vir die parlement gejok het en persoonlik voordeel getrek het uit meer as R200 miljoen van staatsgeld (sonder behoorlike tender),” lui die petisie. “Hy het ook persoonlik onwettig ingemeng deur sy eie argitek aan te stel bó diegene wat reeds deur die departement van openbare werke aangestel is.”

Die petisie, deur ʼn groep wat hulleself ‘die komitee vir die vervolging van die president’ noem, versoek dat Zuma en almal wat by die multimiljoenrandse opgraderings by Nkandla betrokke was, vervolg moet word. Indien dit nie gebeur nie, sal die groep glo die publiek oorhaal om volgende jaar op 13 Februarie voor die parlement te betoog.

Die petisie het Vrydagmiddag teen 18:00 reeds 2 500 handtekeninge ontvang.

Klik hier om die petisie te sien.

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat Zuma persoonlik gebaat het uit opgraderings by Nkandla. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
ANC erken Nkandla-onreëlmatighede; waarsku kommentators
Zuma het persoonlik gebaat by Nkandla

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

En dan word daar gevra dat ons, die belastingbetalers, selfbeheersing moet toepas!

Looi hom, wanneer gaan daar opgehou word met lieg, bedrieg en steel! Nie almal het net Std. 3 geslaag nie. Hoeveel Blankes leef ver onder die broodlyn, hoeveel van ons gewone salaristrekkers kan nog die luukse van ‘n swembad geniet, tensy dit reeds deel van die woning was. Hoeveel van ons kan al die sekuriteit aanbring om onsself te beveilig. Mens is nie eers meer veilig om saam met familie en vriende op jou eie erf te staan en braai nie. En intussen krepeer sy eie mense ook.

Peter Says ·

Hy steur hom nie aan enigiets nie, hierdie petisie sal ook maar net onder die mat ingevee word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.