Tyddeel word ondersoek

Argieffoto

Die Nasionale Verbruikerskommissie ondersoek maatskappye wat tyddeel aanbied nadat honderde klagtes oor die afgelope twee jaar ontvang is, het The Times Dinsdag berig.

Prudence Moilwa, hoof van wetstoepassing en ondersoeke van die kommissie, het gesê daar was so baie klagtes oor vakansiekontrakte in die tyddeelbedryf dat die kommissie besluit het om ʼn grootskaalse ondersoek van stapel te stuur.

In 2011 het die kommissie 781 klagtes ontvang en in 2012 het die kommissie 596 klagtes hanteer, wat reis- en goedkoopvakansieklubs insluit.

Moilwa wou nie bekendmaak watter tyddeelmaatskappye ondersoek word nie.

Kliënte het onder andere gekla oor die feit dat hulle nie hul kontrakte, wat hulle nie meer kan bekostig nie, mag kanselleer nie. Daar was ook klagtes oor akkommodasie wat nie beskikbaar is nie, gewoonlik weens te veel besprekings wat aanvaar word.

“Dit is ʼn baie ingewikkelde bedryf wat baie tyd en energie verg om te verstaan. Die ondersoek kan dus langer as die verwagte tydsraamwerk duur,” het Moilwa gesê.

Die ondersoek sal na verwagting teen 17 Julie afgehandel wees. Suid-Afrika het meer as 740 000 tyddeel-eienaars luidens ʼn verslag deur Grant Thornton in 2011.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dlia ·

Heffings van tyddeel en puntestelsel ongelooflik hoog! Vakansie plekke nie beskikbaar en vernaamlik vir pensionarisse onbekostigbaar!!!

Paul de Villiers ·

Die grootste probleem is wel dat ver te veel bespekings vir ‘n eenheid gedoen word, en dat daar nie genoeg tyd beskikbaar is om aan alle versoeke te kan akomodeer nie. Jare terug was daar nooit ‘n probleem om plek te kry nie maar deesdae is jy gelukig as iets beskikbaar is.
Elke jaar gaan jou “levy” op maar wat jy kan gebruik word net minder en minder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.