Tydelike ontrekking van inligtingswet wyd verwelkom

'n Deelnemer aan 'n optog na die parlement teen die voorgestelde inligtingswet. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Nasionale Persklub sê die tydelike ontrekking van die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting wys dat druk wat op die regering geplaas word, suksesvol is.

Die wetsontwerp is vir eers teruggetrek sodat daar verdere konsultasie daaroor kan plaasvind. Die Nasionale Vergadering sou Maandag oor die wetgewing stem. Verskeie groepe het kapsie teen die voorgestelde wet gemaak. Die ANC koukus in die parlement hou egter vol dat die wetgewing teen die einde van die jaar gefinaliseer sal wees. Die ANC hou ook by sy standpunt dat die wetgewing nie ʼn klousule van openbare belange-verweer sal insluit nie. Opposisiepartye en burgerregte groepe het gevra dat die verweer ingesluit word ten einde fluitjieblasers en die media te beskerm indien hulle sensitiewe inligting bekendmaak. Die Suid-Afrikaanse Nasionale redakteursforum (Sanef) het die tydelike ontrekking verwelkom en sê daar is steeds talle probleme met die wetgewing. Cosatu het intussen ook die besluit verwelkom en sê die wetgewing sal drasties herskryf moet word. Die DA en die Right2Know-veldtog het ook die besluit verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.