Ugie-skoolhoof se vrou sterf in aanval

Die skoolhoof van Hoërskool Ugie, Chris Gouws, en sy vrou Lienie, is gisteraand in hul huis aangeval.

Volgens kaptein Ursula Roeloffs, woordvoerder van die polisie, het die aanval Sondagoggend omstreeks 01:45 by hul huis in Pleinstraat, Ugie in die Oos-Kaap, plaasgevind. Die polisie vermoed dat ten minste twee aanvallers by die agterdeur ingebreek het en meneer en mevrou Gouws van die geluide wakker geword het. Hulle is beide met messe aangeval. Mev. Gouws is glo twee keer met ‘n mes gesteek en sy het aan haar beserings beswyk. Mnr Gouws is na die Maclear-hospitaal geneem.

Kaptein Roeloffs sê die honde-eenheid is ook ontbied. Sy sê dit blyk nie of enigiets uit die huis gesteel is nie, en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Isabel du Plessis ·

Innige simpatie met dood vab Lienie. Ek en Chris het saam skoolgehou op Ugie.
Hulle het net goed aan ander gedoen- waarom die sinnelose daad!

Johan ·

Alle simpatie en meegevoel aan mnr. Chris Gouws en ander geliefdes naby verwant. Mag ons Hemelse Vader julle vertroos deur die rykkdom van SY genade.

Nog ‘n druppel bloed, nog ‘n kruis in die grond, nog ‘n ‘n traan nog ‘n jammerlike uitroep van waarom…..mag al ons waaroms eendag in daaroms omskep word…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.