Uile word gebruik vir rotplaag in JHB

Die stad Johannesburg het uile gekies om ʼn rotplaag in Alexandra te beveg, het woordvoerder Nkosinathi Nkabinde Woensdag gesê.

Metodes om rotte uit te roei sluit uile, rotvalletjies en beroking in. “Die stad het besluit om van uile gebruik te maak,” het hy gesê. “Uilneste en vrylatingsbokse is in drie skole in Alexandra installeer, aangesien hierdie driejaar-projek skole sal opvoed hoe uile gebruik kan word om rotte uit te roei.” Nkabinde sê voorkoming bly steeds die beste oplossing vir rotplaagbeheer. “Ons moet die toestande waarin rotte floreer beperk en ons benodig die aktiewe ondersteuning van alle inwoners in Johannesburg.” Nkabinde sê die onwettige en roekelose storting van kos en afval is steeds die primêre oorsake van die rotplaag. Die veldtog om rotte en “ander peste” in Alexandra, Orange Farm, Ivory Park en Orlando-Oos uit te roei, het in Augustus begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.