Ebola-uitbreking bevestig

Ten minste 14 mense het reeds in Julie-maand in Uganda aan die dodelike Ebola-virus gesterf.

Beamptes van die departement van gesondheid het Saterdag gesê 20 gevalle is reeds aangemeld. Die voorvalle het in Kibaale, ‘n streek in die weste van Uganda, uitgebreek, berig CNN. ‘n Nasionale taakspan is saamgestel om die uitbreking te probeer beveg. Beamptes van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Sentrum vir Plaagbeheer ondersteun ook die poging.

Die Ebola-virus is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat deur middel van liggaamsvloeistowwe versprei. Simptome sluit koors, vomering, diarree, maagpyn, hoofpyn, ‘n uitslag soortgelyk aan masels, rooi oë en soms selfs bloeding uit liggaamsholtes in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.