Uiterste weerstoestande die naweek verwag

Sneeu het verlede maand in Bloemfontein voorgekom. Foto: Neil Magielies

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê baie koue toestande, swaar reën, swaar sneeuval en sterk winde word die naweek in sekere dele van die land verwag.

Kenosi Machepa, woordvoerder vir die SAWD, sê die uiterste weerstoestande is weens ʼn laagdrukstelsel en kouefront wat oor die land beweeg. Machepa sê baie koue toestande, swaar reën, swaar sneeu en sterk winde word teen Vrydag oor dele van die Wes-en-Noord-Kaap verwag. Sneeu word verwag in die suid-westelike dele van die Wes-Kaap en sal verwagting ook in die oostelike helfte van die Oos-Kaap voorkom. Machepa sê temperature onder vriespunt Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap, sowel as die noordelike dele van die Oos-Kaap voorkom. Sy sê dit kan tot gevolg hê dat sneeu oor groot dele en selfs plekke waar dit nog nooit gesneeu het nie kan voorkom.

Die SAWD het die publiek ook gewaarsku oor die moontlikheid van swaar reën Vrydag oor die suidelike en oostelike dele van die Wes-Kaap, sowel as die suid-westelike dele van die Oos-Kaap, wat kan lei tot kitsvloede. Baie koue toestande, maksimum temperature onder 11 grade Celsius, sal na verwagting in die Vrystaat voorkom voor die kouefront teen Saterdag oor die noord-oostelike provinsies – Gauteng, Limpopo en Mpumalanga – sal beweeg. Dit sal Sondag koud en winderig wees in Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.