Uiterste weerstoestande verwag

Sneeu het voorverlede maand in Bloemfontein voorgekom. Foto: Neil Magielies

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê baie koue toestande, swaar reën en swaar sneeuval word vandag in sekere dele van die land verwag.

Die SAWD sê maksimum temperature onder 10°C word vandag oor groot dele van die land verwag. Swaar sneeuval word verwag oor dele van die Wes en Oos-Kaap, Lesotho, Noord-Kaap, Vrystaat en die westelike en suidelike dele van KwaZulu-Natal. Hewige reënval word verwag oor dele van die Oos-Kaap, die Kaapse-suidkus en die aangrensende binneland. Yskoue en winderige toestande word verwag in die suidelike dele van die Noord-Kaap, die Wes-Kaap, Vrystaat, westelike dele van KwaZulu-Natal, suidelike dele van Mpumalanga, Gauteng en die suidelike dele van Noordwes. Temperature sal teen Woensdag begin styg en behoort teen Vrydag en die naweek weer normaal te wees vir die tyd van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.