Uitlander in hof vir moord

ʼn Malawiese man moet vandag in die hof verskyn nadat hy glo Maandag ʼn man in Johannesburg vermoor het.

Adjudant-offisier Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 22-jarige verdagte het glo die 35-jarige slagoffer, Mohammed Manyika, een keer met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek.

Die voorval het in ʼn kamer in die City Hives-gebou in Faraday plaasgevind. “Die slagoffer se vriende het hom na ʼn nabygeleë brandweerstasie geneem waar paramedici hom behandel het. Manyika is onderweg na die hospitaal dood,” het Mbele gesê.

Die verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.