Uitruilstudent in Kaapstad verkrag

ʼn Uitruilstudent van Noorweë is oor die naweek op Seinheuwel in Kaapstad verkrag.

Lt.kol. André Traut sê die student, in haar 20s, en haar vriend, was omstreeks 01:00 in ʼn voertuig op die koppie toe hulle deur twee gewapende mans genader is, het die Cape Times Dinsdag berig.

Die verdagtes het die man vasgebind en die paartjie se persoonlike besittings gesteel, waarna hulle die vrou verkrag het. Die verdagtes het in die paartjie se voertuig geklim en tot in Kampsbaai gery waar hulle die twee in die voertuig gelos en gevlug het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek aanklagte van roof en verkragting.

André van Zyl, ʼn woordvoerder van die organisasie Table Mountain Watch, sê dit is die eerste keer dat so ʼn voorval daar plaasgevind het.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.