Uitsaaier hou gedenkdiens vir Vuyo Mbuli

Foto: Twitter

ʼn Gedenkdiens vir Vuyo Mbuli, die televisie- en radioaanbieder van die SABC wat Saterdagaand oorlede is, sal Woensdag by die SABC se perseel in Auckland Park gehou word. Mbuli se familie het bekendgemaak sy begrafnis sal Vrydag plaasvind. Meer inligting oor die geleenthede gaan in ʼn latere stadium bekendgemaak word.

Mbuli (46) het Saterdagaand tydens die Superrugby-wedstryd tussen die Cheetahs en die Reds ineengestort. Hy is op die toneel behandel voor hy na die Mediclinic in Bloemfontein gehaas is waar hy later oorlede is.

ʼn Woordvoerder van die Mbuli-familie het aan die SABC gesê die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Lees ook:
Medelye stroom in vir Mbuli
SABC se Vuyo Mbuli sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.