Uitskot weer in Kaapstad gestort

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na vier mans wat Maandag menslike uitskot op die trappe van die provinsiale wetgewer in Kaapstad gestort het.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die uitskot is omstreeks 11:20 gestort, waarna die mans gevlug het. “Die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Traut gesê.

Verskeie soortgelyke voorvalle het Kaapstad oor die afgelope tyd getref. Mense betoog omdat hulle ontevrede is oor die sanitasiegeriewe in die stad se informele nedersettings.

Lees ook:
Singende protes toe uitskot-storters nie borg kry nie
Nege in hof weens uitskot by lughawe
Ontlasting by lughawe uitgegooi
Ontlasting na raadslid se huis gegooi
“Poefiepolitiek” haal buitelandse media
Nuuskommentaar: Riooletiek
Ontlasting na Zille se bus gegooi
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Betogers blok N2-hoofweg
De Lille: Sommiges verkies emmertoilette
Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.