Uitslae van die naweek se Curriebeker-kragmetings

Die Westelike Provinsie het vir ʼn opskudding gesorg toe hy die Bulle met 35-7 oorrompel het in hul Curriebeker-wedstryd op Nuweland.

Die tuisspan was na 20 minute reeds met 15-0 voorgeloop. Die Bulle kon egter daarin slaag om voor rustyd ʼn drie aan te teken om die telling 21-7 te maak. Tiaan Liebenberg, Danie Poolman, Nick Koster en Dewaldt Duvenage het die WP se vier drieë aangeteken. Die losskakel Demetri Catrakilis het drie doelskoppe en drie strafskoppe oor die pale gestuur. Die Haaie het die Cheetahs 43-34 geklop in hulle Curriebeker-wedstryd in Durban. Die Haaie het vyf drieë aangeteken teen die Cheetahs se vier. Die MTN Goue Leeus het die Platinum Luiperds in hul Curriebeker-kragmeting met 53-36 geklop op Coca-Cola Park in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.