Uitsmyters baklei by Avastar-nagklub

Theuns Grobler, ‘n bekende swaargewig in sekuriteitskringe, is Saterdagaand by die gewilde Avastar-nagklub in Rivonia, noord van Johannesburg, glo deur sy mede-uitsmyters aangerand.

Grobler, voorheen van Elite, en drie vriende was in die bakleiery betrokke. Dit blyk egter dat Grobler self by die sekuriteit van die nagklub betrokke was en dat sy mede-uitsmyters hom glo aangerand het. Grobler beweer drie van sy vriende is ook deur meer as 15 uitsmyters met messe, sementblokke en ‘n potplant aangeval. “Al wat ek kan onthou is dat ek op my knieë was. Hulle het my met pale begin slaan en traangas in my gesig gespuit. Hulle wou my doodmaak,” het Grobler gesê.

Mike Basson, eienaar van Avastar, sê egter Grobler was dronk, hy het glo alkohol op twee vroue gespoeg en dat hy ‘n bakleiery “gesoek” het. “Het jy al gesien hoe groot dié ouens is? Wanneer hulle onder die invloed van alkohol is, raak hulle aggressief en begin hulle om mense te slaan. En dit was vroue, nie eers mans nie. Hulle eie uitsmyters het hulle uit die nagklub verwyder,” het Basson gesê.

Grobler, mede-stigterslid van Elite-sekuriteitsmaatskappy, het in ‘n ondersteunende rol gewerk vir die maatskappy wat vir Avastar se sekuriteit verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda ·

Julle moet ophou om te lieg Niemand was verwyder uit die klub uit nie hulle was oppad huis toe en toe word hulle aangeval !!!!!!!!!!!!!!! En as jy mense verwyder moer jy hulle nie half dood en steek hulle met bottels en messe nie !!!!!!

werner ·

theuns het nie een vrou gespoeg met drank nie,dit is n leun en ons was oppad huis toe en amal uit gelos toe ons betrek was en wat van die eerste vriend wat al half dood geslaan was toe hy allen uit gellop het,wonder hoekom die deur toe was vir hom,en hy allen gevat was agter maak dit sin mike vetgat basson wat sttan en kyk hoe mense binne in jou club so aangerand word,maar die wiel draai ou basson,en ek is bly ek is nie jy nie!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.