Uitspraak begin in Lindley-moordverhoor

Die staat het gevra dat die vyf mans wat skuldig bevind is aan die moord op die Potgieter-gesin van Lindley in die Vrystaat, die langste denkbare vonnis ontvang. Uitspraak het vandag in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein begin.

Vyf van die ses beskuldigdes is vroeër skuldig bevind aan moord en gewapende roof. Attie Potgieter, sy vrou Wilna en hul 2-jarige dogtertjie Wilmien is in Desember verlede jaar wreed vermoor op die plaas Tweefontein. Twee van die beskuldigdes het vroeër vandag ter versagting getuig. Die staat het egter aangevoer dat die hof moet dink aan die 151 steekwonde wat Attie Potgieter opgedoen het gedurende die aanval. Twee van die beskuldigdes het op die Potgieter-gesin se plaas gewerk. Die verrigtinge gaan Donderdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.