Uitspraak gelewer in Mandela-graftesaak

Foto: bbc.co.uk

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Woensdag uitspraak gelewer oor die skuif van die oorskot van Mandela-familielede in die saak teen Mandla Mandela, voormalige president Nelson Mandela se kleinseun.

Regter Lusindiso Pakade het bepaal dat die oorskot van Mandela se kinders na Qunu moet terugkeer. Mandla het vroeër ʼn hofbevel teengestaan wat hom gedwing het om die oorskot te verskuif. Hy het die oorskot in 2011, sonder die goedkeuring van die familie, van Qunu na Mvezo geskuif.

Die opgrawing sal Woensdag om 15:00 plaasvind. Die oorspronklike hofbevel is verlede week gelewer.

“Die lykswa is op pad,” het een van die prokureurs vir die Mandela-familie glo buite die hof gesê.

Mandela se oudste dogter, Makaziwe Mandela, haar broerskinders Ndaba Mandela en Ndileka Mandela, was in die hof.

Die oorskot wat geskuif gaan word, is Mandla se pa en Mandela se oudste seun, Makgatho Mandela, wat in 2005 oorlede is; Mandela se eerste dogter Makaziwe Mandela wat as ʼn baba in 148 gesterf het; en Mandela se tweede oudste seun, Madiba Thembekile, wat in ʼn motorongeluk in 1969 omgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.