Uitspraak in Boeremag-verhoor

Van die beskuldigdes in die Boermag-verhoor toe dit in 2003 begin het. Shayne Robinson/SAPA

Uitspraak in die berugte Boeremag-verhoor sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Die Boeremag-verhoor is een van Suid-Afrika se grootste strafsake met 20 beskuldigdes wat onder meer aangekla word van hoogverraad, terrorisme, sabotasie, moord, die veroorsaking van ontploffings en die onwettige besit van wapens en ammunisie. Die aanklagte hou verband met ʼn beweerde komplot deur die beskuldigdes om die ANC-regering omver te werp. Daar was aanvanklik 23 beskuldigdes maar twee is reeds oorlede terwyl die ander beskuldigde op parool vrygelaat is nadat hy tronkstraf uitgedien het. Die saak duur reeds langer as nege jaar. Dit kan regter Eben Jordaan na verwagting sowat drie weke neem om die uitspraak te lewer. Die beskuldigdes is Mike du Toit, sy broer André du Toit, Adriaan van Wyk,  Rooikoos du Plessis, Dion van den Heever, Tom Vorster, Fritz Naudé, Dirk Hanekom, Jurie Vermeulen, Vis Visagie, Herman van Rooyen, Rudi Gouws, Jacques Jordaan, kol. Giel Burger, maj. Jacques Olivier, kapt. Piet van Deventer en dr. Lets Pretorius en sy seuns dr. Johan en Kobus en Wilhelm Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.