Uitspraak in die haatspraakverhoor teen ANC jeugligaleier, Julius Malema, sal op 12 September gelewer word.
AfriForum sê in ‘n verklaring dat hulle deur die kantoor van Regter Colin Lamont in kennis gestel is dat uitspraak oor die haatliedjie Dhubula iBhunu (“Skiet die Boer”) Maandag om 9:30 gelewer gaan word. Die uitspraak kom ná ’n twee weke lange verhoor in April en Mei vanjaar. AfriForum het Malema van haatspraak aangekla nadat hy geweier het om op te hou om die liedjie Dubula iBhunu tydens jeugliga-byeenkomste aan te voer. Talle hooggeplaastes asook verskeie kenners het tydens die verhoor in die Gelykheidshof in Johannesburg getuig.